Ds. Danilo Stoltz

Ds. Dianlo Stoltz

Welkom by ons webwerf

Hierdie is die Here se kerk en ons strewe en visie is om gehoorsaam aan Hom en sy opdragte in die Bybel te wees. Mag jy hierdie visie met ons deel:

  • Ons wil nie die mooiste kerkgebou hê nie.
  • Ons wil nie die kerk met die grootste bankballans of die meeste bates wees nie.
  • Ons wil nie bekendstaan as die rykste gemeente nie.
  • Ons wil nie in die dorp of onder ons eie lidmate bekendstaan as “suksesvol” nie.
  • ONS WIL NET GEHOORSAAM WEES!!!

Ons hou nie vergaderings en doen beplanning oor hoe ons ryker en meer suksesvol gaan word nie, maar ons beplan hoe ons meer gehoorsaam kan wees! In hierdie gemeente meet ons ons sukses aan ons gehoorsaamheid en diensbaarheid.

  • As ons ‘n mooi gebou het, is dit ‘n bonus, maar die eerste doel is funksionaliteit.
  • As ons mooi sing, is dit ‘n bonus, maar ons eerste doel is om lof en eer aan die Here te bring.
  • As dit vir mense lekker is in die erediens, is dit ‘n bonus, maar ons eerste doel is om God te verheerlik en Sy Woord te hoor en te verkondig.
  • As mense dink ons doen goed, is dit ‘n bonus, maar ons eerste doel is net om gehoorsaam te wees.